Vier sterf ná motor teen ambulans bots
2011-04-25 15:50
Noordwes – Vyf mense is dood in verskillende ongelukke in die Noordwes oor die Paasnaweek, het die provinsiale polisie Maandag gesê.
Vier mense is Sondag omstreeks 22:30 dood in 'n trompop-botsing tussen Odi Hospital en Klipgat, het lt. kol. Lesego Metsi gesê.
Die bestuurder van 'n Ford Meteor met vyf insittendes het glo voor die aankomende verkeer gery en teen 'n ambulans gebots.
Die vyfde passasier van die voeruig is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Niemand in die ambulans is beseer nie.
In die tweede ongeluk is die bestuurder van 'n VW Polo dood toe sy voertuig Donderdag buite Vryburg teen 'n VW Golf gebots het.
Die bestuurder van die VW Polo het glo aan die verkeerde kant van die pad gery.
Die ander bestuurder het ernstige beserings opgedoen en is na die Vryburg-hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA