Vier sterf in kop-aan-kop botsing
2011-12-13 10:27
Johannesburg – Vier mans is in 'n kop-aan-kop botsing op die R40 tussen Nelspruit en Barberton in Mpumalanga oorlede, het paramedici Dinsdag gesê.
Volgens Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, het een persoon ernstige beserings opgedoen.
"Volgens inligting wat ons ontvang het, het een van die motors uit hul bane beweeg en teen mekaar gebots."
Met die paramedici se aankoms op die toneel het die vier mans reeds aan hul beserings beswyk, het Wicks gesê.
Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapveiligheid, het gesê die ongeluk het Maandagaand gebeur.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA