Vier sterf in gru-ongeluk in Karoo
2011-07-31 17:14
Kaapstad – Vier mense is dood in 'n trompopbotsing op die N1-snelwg tussen Laingsburg en Beaufort-Wes in die Karoo.
RSG berig die ongeluk het vroeg Sondagoggend plaasgevind.
Kenny Africa, hoof van die Wes-Kaapse verkeersdepartement, sê die pad was vroeër vir 'n uur weens die ongeluk gesluit, maar dit is weer oopgestel.
Intussen is 'n drie maande oue baba dood en vyf mense ernstig beseer toe hul motor op die N2 by Paddock naby Port Shepstone aan die KwaZulu-Natalse suidkus omgeslaan het.
'n Verkeerswoordvoerder sê die beseerdes is in 'n kritieke toestand in die Murchison-hospitaal.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
In nóg 'n ongeluk in KwaZulu-Natal is twee mense dood en twee beseer in 'n ongeluk tussen 'n motor en 'n minibus-taxi op die Loskop-pad naby Estcourt in die Middellande.
Volg Nuus24 op Twitter.