Vier sterf in Limpopo-ongeluk
2011-12-17 23:00
Johannesburg – In Limpopo is vier mense dood en twee ernstig beseer in 'n botsing tussen twee voertuie op die R101 tussen Modimolle en Mookgopong, het paramedici Saterdag gesê.
'n Woordvoerder van die provinsiale departement van paaie en vervoer, Thesan Moodly, het gesê die bestuurder van een van die voertuie het in die aankomende baan ingeswaai en reg van voor teen die ander voertuig gebots.
Sedert die begin van die maand is 39 mense reeds dood op paaie in dié provinsie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA