Vier sterf in Gordonsbaai-ongeluk
2011-04-02 14:16
Johannesburg – Vier mense is Saterdag dood in ‘n ongeluk tussen drie motors op die Sir Lowry-pas naby Gordonsbaai, het Somerset Wes-polisie gesê.
Die bestuurder van ‘n geel Mazda uit die rigting van Grabouw het rondom 11:30 beheer oor sy voertuig verloor en met ‘n wit Isuzu-bakkie asook ‘n silwer Toyota Yaris gebots, het konst. Suzan Jantjies gesê.
Al vier insittendes van die Mazda is dood.
‘n Beseerde insittende van die Isuzu is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
Die N2-hoofweg is gesluit vir verkeer, en voertuie is deur die Strand herlei.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA