Vier sterf in Bloem-ongeluk
2011-08-27 15:55
Johannesburg – Vier mense is dood in 'n botsing Vrydagaand tussen 'n minibus-taxi en 'n vragmotor in Bloemfontein in die Vrystaat, het RSG berig.
'n Woordvoerder vir ER24-nooddienste, André Visser, het gesê twee van die passasiers in die taxi is op die toneel dood.
Nog twee passasiers het later aan hul beserings in die Pelonomi-hospitaal beswyk.
Hy het gesê die bestuurder van die vragmotor en 12 mense in die taxi is beseer.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA