Vier sterf, 13 beseer ná taxi-ongeluk
2010-07-19 04:47
Pretoria - Talle insittendes is oor die N1 buite Pretoria gestrooi, het 'n ooggetuie Sondag gesê.
Vier mense, waaronder 'n kind, is dood en 13 ander beseer ná 'n taxi se band gebars en dit gerol het.
"'n Toyota Quantum-taxi wat in 'n noordelike rigting gery het, se band het gebars, waarna dit teen 'n versperring gebots en talle kere in die teenoorgestelde baan gerol het," het Lesiba Kgwele, 'n woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, omstreeks 16:00 gesê.
Sowat agt ambulanse is op die toneel, terwyl insittendes oor die pad gestrooi is.
Die pad is in albei rigtings vir verkeer gesluit en verkeer is tot 6km van die ongelukstoneel opeengehoop.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA