Vier sterf, 11 kritiek in NK-ongeluk
2012-01-11 16:20
Johannesburg – Vier mense is dood en 11 beseer toe ‘n taxi en ‘n vragmotor in Kimberley in die Noord-Kaap gebots het, het paramedici gesê.
Die ongeluk het Woensdagoggend omstreeks 10:30 op die Boschoff-pad, sowat 30 km buite Kimberley, plaasgevind, het Jeff Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.
Die beseerdes is na Kimberley se provinsiale hospitaal geneem.
Wicks sê die ongelukstoneel word nog opgeruim, maar die pad is oop vir verkeer.
Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie, maar baie geskok.
Die taxi was van Kimberley na Bloemfontein onderweg.
Wicks sê die botsing het gebeur toe “een van die voertuie hul kant van die pad verlaat het.”
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA