Vier skuldig ná moord op lesbiër
2011-10-07 14:24
Kaapstad – Vier van die sewe mans wat van die moord op Zoliswa Nkonyana beskuldig word, is Vrydag in die Khayelitsha-streekhof skuldig bevind.
Die drie ander verdagtes is vrygespreek.
Landdros Raadiyah Wathen het byna twee uur lank haar uitspraak gelewer.
Sy het eers agtergrond oor die saak, wat na 2006 terugdateer, gegee.
Wathen het benadruk dat verklarings van twee staatsgetuies en 'n bekentenis van Sicelo Mase, sommige van die mans met die moord op Nkonyana verbind.
Die ander drie mans is vrygespreek omdat die hof nie bewyse kon vind wat hulle met die moord verbind nie.
Nkonyana is op die ouderdom van 19 dood nadat sy glo vermoor is omdat sy ‘n lesbiër is.
Sy is in Februarie 2006 geskop en doodgeslaan.
Die skuldiges word oor twee weke gevonnis.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter