Vier se skietdood in kroeg ‘slagting’

2010-09-30 07:46
Tweets Share Share line Print

“Geen berou ... ” Brian Steven (links) en sy broer, Leon, voordat hulle hul vonnis gister in die hooggeregshof in Durban aangehoor het. Foto: Dries Liebenberg

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Durban. – Die skietery in ’n kroeg in die stad wat die lewe van vier mense geëis het, was “niks minder nie as ’n slagting”.

So het waarnemende regter Guido Penzhorn gister in die hooggeregshof gesê toe hy die eertydse polisiemanne Brian (41) en Leon Steven (36) vir onderskeidelik 25 en 20 jaar tronk toe gestuur het.

Hulle het die publiek se vertroue dat die polisie hulle sal beskerm, geskend toe hulle op ongewapende mense in die kroeg losgebrand het, het Penzhorn gesê.

Die skietery die aand van 10 September 2008 in die Mersey­side Pub and Tavern in Umbilo is voorafgegaan deur ’n tergery oor penisgrootte wat op ’n rassevoorval uitgeloop het.

Penzhorn het die Steven-broers se optrede as afskuwelik en gevoelloos bestempel en gesê hulle het nie ’n sweempie berou getoon nie.

Drie mans – Rory Menzies (40), Shawn Strydom (32) en Nico Jansen van Rensburg (47) – is op slag dood toe die Steven-broers ná ’n bakleiery op die parkeerterrein die kroeg se deur oopgedwing en op ’n kort afstand op mense losgebrand het. Bruce Edwards (57) is ’n paar dae later in die hospitaal dood.

Sy seun, Shaun (30), is gewond.

Penzhorn het Brian Steven tot 25 jaar tronkstraf weens elk van die moorde en 15 jaar op aan-klag van poging tot moord gevonnis.

Sy broer, wat ’n mindere rol in die skietery gespeel het, is tot 20 jaar tronkstraf weens elk van die moorde en 10 jaar weens poging tot moord gevonnis.

Albei sal hul vonnisse gelyk-lopend uitdien.

Penzhorn het gelas dat hulle twee derdes van hul tronkstraf moet uitdien voordat hulle vir parool in aanmerking mag kom.

Die regter het tydens vonnisoplegging gesê hy het in ag geneem dat die Steven-broers gebelg kon gevoel het omdat hul neef glo ’n “k*****” genoem is.

Penzhorn het verlof om appèl teen die skuldigbevinding en vonnis toegestaan, maar ’n aansoek van die hand gewys dat die broers op borgtog vrygelaat word hangende die aansoek.

Familielede van die oorledenes het die vonnis verwelkom. Me. Marie Corbett, Menzies se ma, het gesê sy het die afgelope twee jaar?“?’n stadige dood gesterf.” “Nou kan ek begin om uit daardie diep, donker gat te klim.”

Lee Anne Mill, wat agt jaar lank met Strydom uitgegaan het, het vertel hoe sy die wêreld vol gaan reis het om van haar kêrel se dood weg te kom.

“Ek voel verlore,” het mev. Ruth Moses, die beskuldigdes se ma, gesê.


“Godvresend grootgemaak ... ” Mev. Ruth Moses, die beskuldigdes se ma, vertel hoe die saak haar getref het.


Lee Anne Mill het die wêreld vol gaan reis omdat sy nie die dood van mnr. Shawn Strydom, haar kêrel, kon verwerk nie. By haar is mnr. Craig Kurland, sy beste vriend.

“’n Diep, donker gat ... ” Marie Corbett praat gister oor die dood van mnr. Rory Menzies, haar seun.




- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

fanie.hugo sê... lol Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.