Vier 'regses' verskyn in hof
2012-12-18 08:25
JJohannesburg – Die vier mense wat in verband met beweerde terreurplanne in hegtenis geneem is, gaan Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Die groep mans, wat tussen die ouderdomme van 40 en 50 is, sal op aanklagte van verraad en terrorisme verskyn, het die Vrystaatste polisiewoordvoerder, brig. Billy Jones, gesê.
Die verdagtes is Sondag in Bloemfontein, Douglas en Mookgophong (Naboomspruit) vasgetrek.
Jones het bygevoeg dat hulle nie met die ANC se nasionale verkiesingskongres in Mangaung verbind word nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA