Vier mans verongeluk naby begraafplaas
2011-12-04 17:49
Kaapstad – Vier mans het Sondagoggend om 02:30 in ‘n gru-ongeluk op die R102 in Phoenix, Durban, gesterf, het paramedici gesê.
Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, het in ‘n verklaring gesê ‘n bakkie en ‘n Toyota Tazz het trompop naby die Woodview-begraafplaas gebots.
Volgens Botha was die insittendes van beide voertuie steeds in die verwronge wrakke vasgekeer toe paramedici by die ongelukstoneel opgedaag het.
Die paramedici het vasgestel dat die vier mans – tussen die ouderdomme van 25 en 38 – op slag dood is.
Hy sê die presiese oorsaak van die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.
Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24