Vier kinders brand dood
2011-08-09 22:59
Johannesburg – Vier kinders het doodgebrand en hul ma is ernstig beseer toe die sinkhuisie waarin hulle in Khayelitsha woon aan die brand geslaan het.
Hulle ma is ernstig beseer, maar het die
voorval oorleef.
Die kinders, tussen die ouderdom van twee en vyftien, het doodgebrand.
Die kinders en hul ma het geslaap toe die vuur vroegoggend uitbreek, het
luitenant-kolonel Andre Traut gesê.
“Die ma is hospitaal toe geneem.
“Sy is ernstig beseer.
“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend
nie, maar sover lyk dit nie asof dit moedswillig begin is nie,” het Traut gesê.
‘n Ondersoek sal wel geloods word.
Volg Nuus24 op Twitter.