Vier in hof oor bedrog van R7 milj.
2012-12-20 11:17
Johannesburg – Vier mense wat na bewering R7 miljoen van die Lukhanji-munisipaliteit gesteel het, het in die Queenstown-landdroshof verskyn.
Andisiwe Mrwebi (32), 'n IT-bestuurder by die departement van maatskaplike ontwikkeling in Oos-Londen, Buhle Mayeza (29), 'n munisipale klerk in Lady Grey, Simphiwe Makhasi (30), 'n klerk by die Molten-polisiekantoor en Thulani Mkefu (31), 'n polisiebeampte in Lady Grey is elk borgtog van R20 000 toegestaan.
"Twee van die verdagtes, Buhle Mayeza en Andisiwe Mrwebi, het die bedrag betaal en is vrygelaat. Die ander twee het nog nie betaal nie en is steeds in aanhouding," het Pumzile Makaula, polisiewoordvoerder, gesê.
Die saak is tot 13 Maart uitgestel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA