Vier in hegtenis vir OTM-bedrog
2011-09-26 20:03
Johannesburg – Vier mans wat in verband met OTM-bedrog in hegtenis geneem is, het Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn, het die polisie in Noordwes gesê.
Volgens brig. Thulane Ngubane sal die mans in polisie-aanhouding bly en na verwagting op 3 Oktober om borgtog aansoek doen.
Emmanuel Ramatlhape is in hegtenis geneem nadat hy probeer het om iemand se bankkaart te steel. Drie ander – Sibusiso Mathonsi, Joseph Nkosi en Kgotso Mahobe – is naby dieselfde OTM in hegtenis geneem nadat hulle in besit van sewe bankkaarte betrap is.
Hulle word aangekla van bedrog en opsetlike saakbeskadiging.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA