Vier in Pta vasgetrek oor vervalste tjek
2011-08-21 15:37
Pretoria – Vier mans is in Silverton, Pretoria, in hegtenis geneem nadat hulle glo rekenaars ter waarde van R220 000 met 'n vervalste tjek wou koop, het die polisie in Sondag gesê.
Die mans het glo Vrydagmiddag die bedrag via die internet in die winkel se rekening betaal, het kapt. Jan Sepato gesê.
"Die winkeleienaar het die polisie gebel nadat hy gesien het die tjek is vervals."
Toe die mans by die winkel aankom om die rekenaars te gaan haal, is hulle in hegtenis geneem.
Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 25 en 30, sal na verwagting Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA