Vier in Jhb vasgetrek oor dagga
2012-09-21 07:23
Johannesburg – Vier mans is in Zola, Soweto, in hegtenis geneem nadat dagga met 'n geraamde straatwaarde van R300 000 in hul besit gevind is, het die polisie in Gauteng Vrydag gesê.
"'n Wenk het die polisie na 'n huis in Zola gelei, waar verskeie sakke dagga, met 'n geraamde straatwaarde van R300 000 gevind is," het kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, gesê.
Die polisie het die huis gemonitor nadat hulle inligting ontvang het oor dagga wat by die huis afgelewer sal word.
"Verdere ondersoeke sal bekendmaak wie die eienaar van die huis is en of hulle ook in hegtenis geneem moet word," het Makhubela gesê.
Die mans, tussen die ouderdomme van 25 en 40, sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA