Vier dood toe bakkie teen boom vasry
2010-01-01 17:45
Johannesburg - Vier mense is dood en vyf ander beseer toe hulle bakkie teen ‘n boom vasgery het.
Die ongeluk het in Thohoyandou in Limpopo plaasgevind.
Wisani Ngobeni, woordvoerder vir Limpopo se verkeersdepartement, sê die bestuurder van die bakkie het beheer oor die voertuig verloor voordat hy in ‘n boom vasgery het.
Vier mense is op die toneel dood terwyl die bestuurder en vyf ander passasiers, slegs beseer is.
- Sapa