Vier brand dood in ongeluk
2009-08-14 15:47
Johannesburg – Vier mense het Vrydag in hul motor doodgebrand nadat vier motors in ‘n ongeluk op die N4 naby Nelspruit betrokke was, het die Mpumalange polisie gesê.
Die ongeluk het 09:45 plaasgevind,” het superintendent Abie Khoabane gesê.
“’n Vragmotor, taxi, Toyota Prado en ‘n polisie voertuig was betrokke.”
Hy het bygevoeg dat die Vragmotor en die Prado in teenoorgestelde rigtings oppad was en kop-aan-kop in mekaar vasgery het.
Die vragmotor het toe die Prado in die taxi vasgestamp en die taxi het die polisie voertuig getref
“Beide die taxi en die polisie voertuig het van die pad af gegaan en op hul kante beland. Die Prado het aan die brand gesteek, sowel as die vragmotor.”
Hy het bygevoeg dat die bestuurder van die vragmotor betyds uitgekom het, maar dat die vier insittendes van die Prado onherkenbaar verbrand het.
“Ons kan nie eers sê of hulle manlik of vroulik was en of daar kinders betrokke was nie, want hulle het te erg gebrand.”
Die passasiers van die taxi en die polisie voertuig het mindere beserings opgesoen.
Polisie is nog besig om verdere ondersoek in te stel.
- Sapa