Vier beseer toe vragmotors bots
2010-04-28 06:08
Durban - Vier mense is Dinsdag beseer nadat twee vragmotors op die N2-hoofweg met mekaar gebots het, het paramedici in Durban gesê.
“Een van die vragmotors was in ‘n suidelike rigting onderweg toe dit stadiger begin ry het weens padwerke,” het Derrick Banks, ER24-woordvoerder, gesê.
“’n Tweede vragmotor het agter in hom vasgejaag,” het Banks gesê.
Vier mense is in die voorval beseer. Een slagoffer was in ‘n ernstige toestand en is na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.
- Sapa