Vier beseer in gasontploffing by fabriek
2011-09-19 15:10
Johannesburg – Vier mans het brandwonde opgedoen in 'n gasontploffing by 'n fabriek in Alrode Park aan die Oosrand, het paramedici gesê.
"Vier mans het in 'n geslote put gewerk en het gesê hulle het 'n ontploffing gesien voor die brand ontstaan het," het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê.
Drie van die mans het erge brandwonde aan hul gesigte, arms, hande en borskaste opgedoen, terwyl die vierde man met ligte beserings ontsnap het.
Die oorsaak van die ontploffing is nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA