Vier beseer in Vaaldam-bootongeluk
2011-10-08 09:13
Johannesburg – Vier mense is beseer toe hul skiboot vroeg Saterdagoggend in ‘n eiland op die Vaaldam vasgery het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Die NSRI se Vaaldam-vrywilligerspan is omstreeks 02:00 uitgeroep, het woordvoerder Graig Lambinon gesê.
Die kaptein, ‘n plaaslike man van Deneysville in die Vrystaat, het ligte skeurwonde en snye opgedoen.
Twee vroue van Johannesburg het beserings aan hul rugwerwels opgedoen en ‘n ander vrou het snywonde gehad.
“Dit wil voorkom of die boot teen ‘n hoë spoed in die eiland vas gejaag het,” het Lambinon gesê.
Dit was nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA