Vier beseer in Durban ongelukke
2009-10-28 10:11
Durban – Vier mense is in Durban beseer in twee ongelukke waarby ‘n taxi en twee ligte motorvoertuie Woensdagoggend betrokke was, het KwaZulu-Natal nooddienste gesê.
“Drie mense is beseer toe ‘n motor agter in ‘n taxi op die M4 naby Edwin Swales Straat vasgery het,” het Jeff Wicks van Netcare 911 gesê.
Volgens Wicks is die verkeer op die pad erg geraak.
Die beseerde mense is na ‘n hospitaal geneem.
In ‘n ander ongeluk naby die Durban Internasionale Lughawe is ‘n vrou beseer nadat haar motor gerol het.
“Die vrou het ligte beserings opgedoen toe die voertuig waarin sy gery het ‘n stormdrein getref het,” het Wicks gesê.
- Sapa