Vier, baba sterf in gru-botsing
2009-10-08 15:40
Johannesburg - Vyf mense, waaronder 'n 12 maande oue baba, is dood toe 'n motor en 'n bakkie kop-aan-kop gebots het.
Chris Botha, 'n woordvoerder van Netcare, het gesê die ongeluk het Donderdagmiddag op die R103 in Verulam plaasgevind.
Kapt. Khephu Ndlovu, 'n polisiewoordvoerder, het gesê verdere besonderhede oor die ongeluk is nog nie beskikbaar nie.
– Sapa