Vier SA trokdrywers in Zimbabwe in hegtenis geneem
2011-02-25 20:51
Johannesburg – Vier Suid Afrikaanse trokdrywers is in Zimbabwe in hegtenis geneem op ‘n aanklag van bedrog. Hulle is borgtog geweier.
Volgens die regering in Zimbabwe, get hulle ‘n Zimbabwiese vrou uit sowat R7miljoen bedrieg.
Die vrou het blykbaar in 2008 ‘n Suid Afrikaanse besigheidsman omtrent R7 miloen betaal vir trokke wat nooit afgelewer is nie.
Die mans was by Grace Mugabe se weeshuis, besig om trokke af te lewer, toe hulle verlede week in hegtenis geneem is.
Henry Radebe, Samuel Baloyi, Sydney Masilo en Caswell Chibilayo werk vir ‘n vyfde, onafhanklike trokdrywer, namens wie hulle die trokke aflewer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA