Video: Meisies laat vuiste by skool klap

2011-08-27 08:03
Tweets Share Share line Print

Welkom. – ’n Selfoonvideo van twee skoolmeisies van die stad wat mekaar onder luide aanmoediging van maats met die vuiste bydam, het soos ’n veldbrand deur die stad versprei.

Die twee leerlinge van Goudveld-Hoërskool het op die skoolterrein, in hul skoolklere, slaags geraak. Die name van minstens een van die meisies is aan Volksblad bekend.

In die video moedig die vloekende omstanders, party met sigarette in hul hande, die meisies die hele tyd aan om mekaar te slaan. Dit is nie duidelik wat die oorsaak van die bakleiery is nie. Die donkerkopmeisie vat eers ’n teug aan ’n sigaret voordat sy die eerste hou ingekry het.

Haar blonde teenstander word deur een van die seuns nader gestamp toe sy nie gou genoeg aan die geveg begin deelneem nie.

Later het die blonde meisie bloed aan haar mond.

Verskeie video’s is deur omstanders met hul selfone van die geveg gemaak. Een van die video’s was ook op YouTube, maar is later verwyder.

Die bakleiery was glo op ’n rugbyveld by die skool wat onder leerlinge as die “rokerveld” bekend staan.

Kallie Scott, skoolhoof, sê hy is nie bewus van die video nie. “Bakleiery kom gereeld by die skool voor, soos ook by ander skole. Ek weet van twee blondekop-meisies wat vroeër die week ook baklei het.”

Hy erken dat daar dié week ’n probleem met toesig by die skool was, omdat die meeste onderwysers betrokke is by ’n musiekbly-spel wat die skool in die stad se teater aanbied.

“Sulke gedrag is egter totaal onaanvaarbaar. Dit word in ’n baie ernstige lig gesien en is ’n oortreding van die gedragskode. Die betrokkenes kan tydelik geskors word. Hulle sal saam met hulle ouers na my kantoor ontbied word.”

Dit is nie duidelik presies wanneer die video gemaak is nie. Van die inligting is dat dit dié week gebeur het, maar volgens ander inligting was dit verlede week ná die rugbywedstryd tussen die gr.11- en gr.12-leerlinge.

Scott sê hy sal Maandag volledig kommentaar lewer oor die voorval. Hy het die video die eerste keer gesien nadat Volksblad dit Vrydagmiddag vir hom gestuur het.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: welkom  |  tieners  |  skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
113 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

fanie.hugo sê... lol Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.