Victor Verster nou erfenisgebou
2010-02-10 17:10
Johannesburg – Die Victor Vester gevangenis waaruit Nelson Mandela sy eerste tree na vryheid na 27 jaar in die tronk gegee het, is as ‘n erfenisgebou verklaar, het die Nasionale Erfenisraad (NHC) Woensdag gesê.
Die NHC erken vandag die gebou as een van die rare, premium ikone van die nasionale bevrydings-erfenis,” het Sonwabile Mangcotywa, die hoof uitvoerende beampte van die NHC in Johannesburg gesê.
Mandela is in 1988 na die Victor Verster gevangenis naby Paarl vanaf die maksimumsekuriteit-gevangenis op Robbeneiland verskuif, ter voorbereiding van sy vrylating op 11 Februarie 1990.
Die huis waarin Mandela by Victor Verster gewoon het, wat nou die Drakenstein Korrektiewe Sentrum genoem word, is ‘n ikoniese landmerk in die vertelling van die suid-Afrikaanse geskiedenis van die geveg vir vryheid.
“As deel van die vieringe van die 20ste herdenking van Mandela se vrylating, moes hierdie gebou nasionale erkenning ontvang,” het hy gesê.
- Sapa