Veterane 'sal nie inmeng' by jeugliga
2011-10-26 14:15
Johannesburg – Die Umkhonto weSizwe Militêre Veterane (MKMVA) sal nie inmeng by die ANC-jeugliga se massa-optog vir ekonomiese bevryding nie, het hy Woensdag gesê.
Kebby Maphatsoe, nasionale woordvoerder van umKhonto weSizwe se Veterane-organisasie, het aan joernaliste in Johannesburg gesê die organisasie sal nie kommentaar lewer op die jeugliga se massa-optog nie.
"Hoe hulle Oliver Tambo (voormalige president van die ANC) se verjaardag vier, hang van hulle af."
Die MKMVA het gesê hy sal sy eie vieringe van Tambo se verjaardag Donderdag in Sandton hou.
Maphatsoe het gesê eerw. Jesse Jackson, die Amerikaanse vegter vir burgerregte, sal die hoofspreker by die vieringe wees.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA