Verwoerd-standbeeld in Midvaal verwyder
2011-05-05 10:20
Johannesburg – Die Demokratiese Alliansie het 'n standbeeld van Hendrik Verwoerd in Midvaal in die suide van Gauteng Woensdagaand verwyder, het die VF+ Donderdag gesê.
"Dié aksie deur die DA het in die aand, twee weke voor die plaaslike verkiesing, plaasgevind om swart stemme in Midvaal te wen," het Jaco Mulder, leier van die VF+ in Gauteng, gesê.
"Maar die DA sal dié stap aan die Afrikaner-gemeenskap van Midvaal moet verduidelik."
Hy het gesê dít bewys dat die DA nie 'n "vriend van die Afrikaner" is nie.
Die ANC het Woensdag gesê die aanhoudende "verheffing" van Verwoerd se beeld in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit is 'n "teken van pure arrogansie".
Die burgemeester van Midvaal, Tomothy Nats, sê die standbeeld is Woensdagaand deur 'n Afrikaanse kultuurgroep - Die Kultuurraad - verwyder.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA