Verwarmer kry skuld vir ma, kinders se dood
2011-07-13 11:00
Johannesburg – 'n Verwarmer in sy kinders se kamer was die oorsaak van 'n brand wat 'n ma en haar vier kinders in Johannesburg geëis het, het die pa gesê.
Die pa, wat die brand oorleef het, het gesê hy het hom na die kamer gehaas toe hy sy vrou hoor skree. Hy het die vlamme met water probeer blus, maar die brand het na die matras versprei.
Brandweermanne kon aanvanklik nie toegang tot die huis verkry nie, omdat die huis se dak meegegee het.
Die polisie is besig om die lyke van die toneel te verwyder.
Die brand het Woensdagoggend by die huis in Ormonde in die suide van Johannesburg uitgebreek.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter