Vervoerverbod gedeeltelik opgehef
2011-03-11 22:00
Johannesburg - Die verbod op die vervoer van diere met gesplete hoewe en verwante produkte is in die grootste deel van KwaZulu-Natal opgehef, het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gesê.
Luidens ’n verklaring volg dít nadat toetse vir bek-en-seer negatief was vir die gebiede wes van die N2 in die provinsie. Dié verbod op beweging is egter steeds van krag in die distrikte van Umkhanyakude, uThungulu en Zululand.
Hoewel die verbod opgehef is, versoek die departement die landbougemeenskap om steeds hul plaaslike veeartsenykunde-kliniek in kennis te stel as hulle beoog om diere met gesplete hoewe en verwante produkte te vervoer.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad