Vervoerbaas haar werk kwyt
2011-08-04 12:07
Johannesburg – Die departementshoof van vervoer in Gauteng, Benedicta Monama, is haar pos kwyt, het Beeld Donderdag berig.
Monama se kontrak is beëindig en sy sal nie enige verdere betaling ontvang nie, is Donderdagoggend op 'n perskonferensie bekend gemaak.
Monama het glo 'n kontrak ter waarde van 'n R1 miljard met Westpoint Trading, wat bestuur-toetssentrums bestuur, hernu sonder die goedkeuring van die departement van finansies.
Die aantygings volg op 'n verslag van die ouditeur-generaal.
Monama het na bewering 'n opdrag van die departement van finansies verontagsaam. Die departement van finansies het uitdruklik aan haar gesê dat die kontrak nie hernu mag word nie.
Die verhouding tussen die LUR en HOD het verbrokkel en 'n negatiewe impak op die werksaamhede van die departement gehad.
Die premier het gesê die kontrakte is nie wettiglik onderteken nie en sal nie nagekom word nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Beeld