Vervoer mors al vrot die paaie

2010-03-11 06:50
Tweets Share Share line Print

Rajaa Azzakani, Die Burger

Kaapstad-Die departement van vervoer het tussen 2007 en 2009 bykans R76 miljoen aan vier konferensies bestee.

Dit sluit sowat R12 miljoen aan ’n BBP-vervoerdiens in, het S’bu Ndebele, minister van vervoer, Woensdag in ’n geskrewe parlementêre antwoord gesê.

Dié geld is tussen 2007 en 2009 bestee. ’n Spesiale vergadering oor lugvaart in Afrika en die Indiese Oseaan-streek het R26,9 miljoen gekos. Die eerste konferensie van die Afrika-unie se ministers wat vir paaie verantwoordelik is, het R18,7 miljoen gekos. Die tweede AU-konferensie van ministers wat vir mariene vervoer verantwoordelik is, het R18,8 miljoen gekos. Die eerste AU-konferensie van kundiges oor spoorvervoer het net meer as R4,4 miljoen gekos.

Nou eis die DA verdere antwoorde omdat nie een van dié konferensies enige direkte voordeel vir die land ingehou het nie.

Stuart Farrow, DA-woordvoerder oor vervoer, het in ’n verklaring gesê: “Die feit bly dat ons net nie kan bekostig om voortdurend groot bedrae geld te bestee aan geleenthede wat bykans nooit ’n direkte impak op die verbetering van vervoerdienste het nie.

“Buitensporige bedrae geld is deur die departement vermors op luukse konferensies terwyl die agterstand in die padnetwerkinfastruktuur net groter word.”

Farrow het gesê hy is veral geskok oor die astronomiese bedrag wat aan die lugvaartkonferensie (van 24 tot 29 November 2008) bestee is. Dit sluit R2,4 miljoen vir die huur van die saal, R16 miljoen vir advertensies en R4,6 miljoen vir BBP-vervoer in.

Met die konferensie oor maritieme vervoer (van 12 tot 16 Oktober verlede jaar) is R1,7 miljoen bestee aan media en handelsmerke, R860 000 aan toerusting en die huur van meubels en R933 000 aan ’n skemeronthaal, uitstallings en beplanning.

“Die enorme bedrae wat bestee word aan vermaak, advertensies, luukse bankette en geskenke maak nie sin vir ’n departement wat desperaat geld soek nie. Die padnetwerk is ’n gevorderde sta­dium van verval en die instandhoudingsagterstand beloop sowat R164 miljard.”

Daar is geen aanduiding dat die konferensies enigsins iets bereik het wat die besteding van dié bykans R76 miljoen die moeite werd maak nie, het hy gesê.

“Dit lyk eerder of die regering self nie dink dié konferensies was belangrik nie omdat die minister van vervoer slegs een daarvan bygewoon het.”

- Die Burger

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

fran.boucher sê... Wonder hoe hy sou gevoel het as iemand hom skilder met sy tottie buite sy broek? Ek is nie 'n Zuma fan nie, maar dis vir my uiters swak smaak. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.