Vervalste rybewyse 'oral in Jhb beskikbaar'
2011-10-18 14:14
Johannesburg – Vervalste rybewyse is oral in Johannesburg beskikbaar vir tussen R800 en R4 500, het 'n verslag van The Star Dinsdag getoon.
Dié ondersoek van The Star beweer dat vervalste lisensies by vier uit die vyf toetssentrums van die Johannesbugse stadsraad beskikbaar is.
Dié rybewyse word glo hoofsaaklik deur motorwagte en instrukteurs van bestuursentrums bekom wat saam met toetsbeamptes werk.
By Langlaagte sal 'n lisensie jou R4 500 uit die sak jaag, by Randburg en Florida R2 500, en in Sandton R2 700.
Die beste prys was 'n leerlingrybewys vir R800.
Verskeie opsies is ook aangebied.
'n Kandidaat kan byvoorbeeld 'n antwoordstel vir 'n leerlingrybewys bekom waarop die antwoorde reeds omkring is, en dan maak asof hy die toets skryf.
Vir sommige bestuurstoetse hoef die kandidaat glad nie te bestuur nie, en as hy wel moet, sal die instrukteur foute ignoreer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA