Verslag ‘wou hof mislei’

2010-12-09 06:39
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Hy was nie eerlik in sy verslag nie. Hy het die hof probeer mislei.

Só het adv. Dup de Bruyn SC, regsverteenwoordiger van Fred van der Vyver, gister aangevoer oor ’n verslag wat Bruce Bartholomew tydens Van der Vyver se verhoor ingedien het.

Hierin het Bartholomew nié genoem dat die wêreld se voorste kenner oor skoenafdrukke nie met hom (Bartholomew) saamstem nie.

Van der Vyver is in November 2007 onskuldig bevind aan die moord op Lotz.

Hy dagvaar nou die minister van polisie vir R46miljoen.

Bartholomew, voorheen van die polisie se provinsiale misdaadrekordsentrum, het gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig hy het ’n positiewe identifikasie gemaak dat Van der Vyver se skoen ingepas het op die bloedmerk.

Sy ondersoek was: ’n Transparant van die bloedmerk is gemaak en oor die sportskoen geplaas. Skoen en transparant is mikroskopies ontleed.

Drie wit kolletjies is op die transparant uitgewys wat gepas het oor sandkorreltjies in die skoensool.

Bartholomew het sy mening met plaaslike kundiges bespreek. Hulle het nie met hom saamgestem nie.

Daarby het drie deskundiges van die misdaadrekordsentrum in Pretoria ook met hom verskil. Toe hy in Junie 2006 William Bod­ziak, ’n internasionale spoordes­kundige, in Amerika ontmoet het, was hy steeds vol vertroue oor sy mening.

Die hof het gehoor toe die proses om oorsee te gaan in ’n stadium gesloer het, het prof. Jan Lotz (Inge se pa) gesê het hy sal R20000 bydra. “Hy het aan my gesê: Dis my kind se geld. Vat jou vrou saam.”

In Amerika het Bartholomew sy mening met Bodziak gedeel.

De Bruyn het aan hom gesê: “U gaan na die wêreld se beste deskundige (Bodziak), kom terug en laat u vriend, kapt. Maritz, ’n vierde korreltjie bysit.”

Daarby het Bartholomew ook nie die feit genoem dat Bodziak nie met sy bevindings oor die sandkorrels saamstem nie.

Regter Anton Veldhuizen het gesê: “Kan u verduidelik waarom u nie in ’n verslag genoem het dat Bodziak u nie (oor die sandkorreltjies) ondersteun nie?”

“Nee, ek kan nie verduidelik nie,” het Bartholomew geantwoord.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: fred van der vyfer  |  hofsaak  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.