Verslag oor weermag se verval skokkend

2009-11-21 09:08
Tweets Share Share line Print

Pieter du Toit

Kaapstad - Die departement van verdediging het gister vir die eerste keer erken die weermag is die afgelope dekade verwaarloos.

Dié bekentenis volg op ’n skokverslag wat die tussentydse militêre dienskommissie (MDK) aan dr. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, gestuur het. Regter Ronnie Bosielo, MDK-voorsitter, het die afgelope week aan LP’s gesê die “akute aard” van probleme in die weermag het die MDK oortuig om Sisulu te versoek om onmiddellik in te gryp.

Die voorgestelde ingryping is spesifiek daarop gemik om huisvesting te verbeter en ’n korttermyn-oplossing vir weermanne se skraps salarisse te vind.

Die kanse daarvoor lyk egter nie goed nie en dit is selfs te betwyfel of lekkende dakke, stukkende toilette en gebreekte beddens op militêre basisse binnekort herstel gaan word.

Luidens ’n verklaring deur die departement is daar “gesprekvoering” tussen die sekretaris van verdediging en die direkteur-generaal in die departement van openbare werke om te sien hoe die verbetering van soldate se verblyfkwartiere op basisse landwyd bespoedig kan word.

Ndivhuwo Mabaya, Sisulu se woordvoerder, het by navraag verduidelik die MDK se voorlopige aanbevelings sal eers oorweeg word wanneer ’n finale verslag in Desember voltooi is.

Mnyami Booi (ANC), voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging, het op sy beurt gesê enige ingryping sal moet wag tot nadat die MDK se verslag bespreek is.

Die DA het gevra dat Sisulu die voorlopige aanbevelings bekend maak en aandui watter ingrypings sy beoog. “Die MDK se onthullings is skokkend. Die werklike vraag is egter hoe dit moontlik is dat dinge só kon versleg en wie daarvoor verantwoordelik gehou moet word,” het David Maynier, DA-woordvoerder oor verdediging, gesê.

Bosielo het Woensdag aan LP’s gesê die weermag sit met sy hande in die hare omdat dié departement nie in staat is om herstelwerk en opgradering te doen nie. Die departement het R900 miljoen vir dié take beskikbaar gestel, maar moet dit volgens protokol deur openbare werke kanaliseer.

Die MDK het bevind sommige soldate het nie beddens om op te slaap nie. Toilette en storte werk nie en plafonne stort ineen. 

Die Burger

Lees meer oor: suid-afrika  |  skandale  |  sandf

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Anton sê... Net so Frikkie. As iemand sleg is gaan ek vir hom sê hy is sleg. Ons almal weet hoe dit werk by die gym in spitstye. 20 min limiet op die treadmill. So as jy nou al 30 min wag vir een en die ou gaan net aan - mag jy hom nie vra om af te klim nie oor hy swart is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.0 VVT-i PU MY09
2011
R 175,900.00

FORD

Ikon 1.6 Ambiente MY09
2010
R 109,900.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2010
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.