Verslag oor stadsrade skok kabinet

2011-05-11 07:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma se kabinet het ’n verdoemende verslag deur die nasionale tesourie oor die gevolge van swak munisipale bestuur afgekeur en die opstellers daarvan aangesê om dit “oor te doen”.

Dié verslag, wat glo ’n beroering veroorsaak het toe dit onlangs op ’n kabinetsvergadering ter tafel gelê is, bevat duidelike bevindinge oor die ware stand van plaaslike regering en identifiseer ongerymdhede met tenders en die toekenning van kontrakte as ’n sleutelrisiko.

Volgens inligting was ministers tydens die voorlegging, wat kort voor aanstaande week se plaaslike verkiesing gedoen is, só bekommerd oor die impak van die verslag dat daar besluit is die tesourie moet die bevindinge “herverpak”.

Die vertroulike kabinetsdokument, waarvan Volksblad ’n afskrif bekom het, skets ’n prentjie van munisipaliteite wat voorskrifte van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur grotendeels verontagsaam.

Luidens die dokument is daar ’n besliste tekort aan leierskap, terwyl ongerymdhede met tenders gereeld voorkom.

Ondanks verskeie pogings deur die voormalige departement van provinsiale en plaaslike regering én die nuwe departement van samewerkende regering en tradisionele sake se omkeerstrategie (wat in 2009 deur Sicelo Shiceka, die minister, aangekondig is), het verslagdoening verder verswak.

Die ouditeur-generaal (OG) wag steeds op 46 uit 283 munisipaliteite se finansiële state vir die 2009-’10-boekjaar – vergeleke met vyf uitstaande ouditverslae vir die vorige jaar.

Dis egter die gehalte van inligting wat verskaf is wat kommerwekkend is.

Die tesourie het aan die kabinet verduidelik amper 70% van verslagdoening deur munisipaliteite oor die stand van besteding aan diensleweringsprojekte is “nie bruikbaar nie”.

Amper die helfte – 48% – van verslagdoening aan die tesourie is “nie betroubaar nie”.

Dít kom nadat Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, Maandag gesê het die regerende party was nie bewus van die bestaan van meer as 1 600 oop toilette by Viljoenskroon in die Vrystaat nie.

Die kabinet het ook gehoor die gebrek aan doeltreffende leierskap het daartoe gelei dat die provinsiale regering of nasionale departement by 68% van munisipaliteite moet ingryp om leiding te verskaf.

Daar word ook reeds by 37% van rade ingemeng om seker te maak daar word deeglik aan finansiële bestuursvereistes voldoen, terwyl nóg 35% van rade aan eksterne ingryping blootgestel gaan word.

Hoewel die verslag ’n breë oorsig oor die stand van munisipale bestuur gee en nie besonderhede oor geldelike verliese verskaf nie, word genoem ongemagtigde, ongewone, vrugtelose en vermorste besteding het binne drie jaar ’n reuse-probleem geword.

Waar dit in 2007-’08 net by 13% van munisipaliteite as rede vir kwalifikasie voorgehou is, het dit in 2009-’10 tot 63% toegeneem.

Probleme rakende diensverskaffers en tenders word ook as ’n sleuteluitdaging uitgelig: 210 uit 237 munisipaliteite het wette en regulasies met betrekking tot kontrakte aan diensverskaffers oortree.

Voorts is meer as ’n derde – 35% – van kontrakte in ’n opname van 113 munisipaliteite toegeken aan mense wat in diens van die raad is.

Boonop kon soveel as ’n kwart van alle munisipaliteite in die land nie die nodige stawende dokumente voorlê nie.

- Volksblad

Lees meer oor: jacob zuma  |  sa politiek  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
39 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.