Verslag kom oor knoeiery in DA-beheerde Midvaal

2011-11-06 06:53
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die openbare beskermer (OB) maak Dinsdag ’n opspraakwekkende verslag bekend met bevindings van wanbestuur en ongerymdhede in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit.

In die OB-verslag word glo grootliks gefokus op die doen en late van André Odendaal, DA-voorsitter in Midvaal en prokureur vir die raad, maar die spesiale ondersoekeenheid (SOE) span sy net veel wyer met ’n korrupsie-ondersoek.

Beweringe van wanbestuur in dié enigste DA-beheerde raad in Gauteng is reeds in Januarie 2009 gemaak. Die destydse fluitjieblaser, Kobus Hoffman (29), is later as DA-raadslid geskors oor beweerde oortredings van raadregulasies.

Hoffman, wat onlangs by die ANC aangesluit het, het in Augustus klagte van korrupsie en regsverydeling by die polisie ingedien teen onder andere Helen Zille, DA-leier, Timothy Nast, Midvaal-burgemeester, en verskeie DA-LP’s. Hoffman voer aan die DA-leiers het nie diep genoeg gedelf om die probleme oop te vlek nie en steeds niks daaraan gedoen het nie.

Ook die VF+ beskuldig die DA al geruime tyd van ’n toesmeerdery nadat ’n vroeëre ondersoek van die plaaslike en Gautengse DA’s glo niks opgelewer het nie.

Nast, destydse speaker en nou burgemeester van Midvaal, het kort daarna ’n interne ondersoek ingestel wat in Desember 2008 afgehandel is.

Geen ongerymdhede is gevind nie. Hoffman en Pypers het hierop in Maart 2009 klagte van bedrog en korrupsie by die polisie ingedien teen die munisipaliteit se topbestuur. Hulle het ook die OB en Prokureursorde gevra om ondersoek in te stel.

Kgalalelo Masibi, OB-woordvoerder, het bevestig die verslag word Dinsdag bekend gemaak, maar wou geen verdere kommentaar lewer nie.

James Selfe, voorsitter van die DA se uitvoerende federale raad, het in ’n verklaring gesê die burgemeester en raad van Midvaal het “vrywillig en volledig” met die OB en die SOE saamgewerk.

“Wanneer die instellings hul finale verslae bekend maak sal die raad en die DA dit sorgvuldig bestudeer en gepas optree,” lui die verklaring.

Die voortdurende en doelbewuste verlenging van die kontrak van André Odendaal, DA-voorsitter in Midvaal, as regsadviseur vir die raad is onder die kwessies wat glo in die OB se verslag uitgewys word as wanbestuur.

Rapport het vertroulik verneem die OB-verslag, wat die afgelope twee jaar die raad ondersoek, sal wye wanbestuur uitwys. Die verslag kom Dinsdag.

Odendaal se regsfirma, Odendaal en Summerton Inc (OSI), is glo sedert 2000 herhaaldelik op ’n “onregverdige en onetiese” wyse aangestel.

Odendaal dien al van 1979 as die raad se prokureur en OSI is verantwoordelik vir alle regsadvies, skuldinvorderings en arbeidsake.

Die OB het glo onder meer bevind dat OSI ’n onregverdige voordeel oor ander voornemende diensverskaffers gehad het danksy Odendaal se toegang tot inligting en invloed oor tenderprosesse.

Daar was glo ook onreëlmatighede met die hantering van 85 eiendomme wat aan die munisipaliteit gegee is ter betaling van mense se agterstallige rekeninge.

Odendaal het glo persoonlik baat gevind by die verkoop van dié eiendomme. In een geval is ’n erf in Henley-on-Klip in 2003 aan die munisipaliteit gegee in ruil vir skuld van sowat R5 240.

Dit is glo deur een van Odendaal se ander maatskappye, Meyerton Opspoorders, teen R10 000 gekoop en later verkoop vir R180 000.

Wat betref die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek na die raad, het me. Marika Muller, SOE-woordvoerder, gesê dit behoort teen einde volgende jaar klaar te wees.

Die SOE kyk onder meer na twee kontrakte met ’n gesamentlike waarde van R50 miljoen. Volgens Muller is hier reeds ’n strafregtelike saak oor een van die kontrakte aanhangig gemaak.

Die munisipaliteit het glo ook versuim om bates in hul bateregister aan te teken. Dit het meegebring dat versekeraars geweier het om uit te betaal vir skade aan dié bates.

Volgens Muller skuld 93 munisipale werkers ook die munisipaliteit sowat R400 000 vir dienste, waarvan net R37 000 verhaal is.

Muller het ook gesê uit die sowat 2 500 mense op die raad se databasis wat welsynstoelae ontvang, is 202 glo dood, 15 werk vir die regering, 372 is gelys as direkteure van maatskappye en 115 besit hul eie ondernemings.

Daar is ook 99 munisipale werkers wat op die kommissie vir maatskappye en intellektuele eiendom (Cipc) se databasis as direkteure van maatskappye gelys is.

Die SOE kyk of enige van die ondernemings sake met die munisipaliteit gedoen het.

Volgens Muller sal die SOE in die loop van hul ondersoek waar nodig die volgende stappe neem:
* Aanbevelings maak vir tugoptrede waar nodig;
* Geld probeer verhaal; en
* Die polisie en nasionale vervolgingsgesag (NVG) vra om strafregtelike klagte aanhangig te maak waar nodig.

Rapport het ook me. Yvonne Muller, woordvoerder vir die raad, en mnr. Timothy Nast, burgemeester, om kommentaar genader, maar teen druktyd nie reaksie gekry nie.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.