Verslag: behoefte aan tolkdienste by US

2010-10-02 11:44
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Stellenbosch - Daar is ’n behoefte aan ’n tolkdiens vir studente aan die Universiteit Stellenbosch (US).

Dít blyk uit ’n verslag oor die terugvoering van sommige Engelssprekende ingenieurstudente wat nie met Afrikaans alleen die mas opkom nie.

Die studente is oor die diens gepols ná ’n proeflopie wat sedert 20September op die US-kampus gedoen is. Tydens die proeflopie het afgevaardigdes van die Noordwes-universiteit (NWU) – in opdrag van die US se ingenieursdepartement – ’n tolkdiens aan studente gelewer.

Prof. Marlene Verhoef, hoof van die NWU se taaldirektoraat, het aan Die Burger gesê: “Ons praat eintlik al sedert einde Julie met die US.”

Prof. Maarten Kamper van die ingenieursfakulteit het finale reëlings vir die tolkdiens vir hierdie semester getref, aldusVerhoef.

Johan Blaauw, hoof van taalbestuursdienste van die NWU, het bevestig die direktoraat was afgevaardigdes vir die loodsprojek lank voordat die Universiteitsraad van Stellenbosch die mosie goedgekeur het.

“Ek was saam met ons tolkdiensbestuurder, Annelise Beukes, en een van die tolke, Phillip Meintjies – wat by Potch (NWU) ingenieurswese tolk – om die projek by die US te kom demonstreer.”

Blaauw het ’n volledige verslag opgestel oor die week lange proeflopie wat op 20 September begin het.

Volgens die verslag is tolking (met sekere oorkombare voorbehoude) ’n aanvaarbare opsie vir gebruikers sowel as niegebruikers, en is die diens positief deur ingenieurstudente ontvang.

Verder is daar ’n onmiddellike behoefte aan tolkdienste.

Die betrokke dosente het ook gesê tolking is aanvaarbaar, en het loodsprojekte aanbeveel.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: onderwys  |  maties

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.