Verslag deur OG kap regering

2012-01-18 09:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – In die Vrystaat het 42% van provinsiale departemente in die afgelope boekjaar tenders aan ander staatsamptenare of familielede toegeken, en in die Noord-Kaap was 88% van die aankopeprosesse in die Noord-Kaap nie-mededingend of onbillik, het die ouditeur-generaal (OG) bevind.

Altesame 69% van provinsiale regeringsdepartemente landwyd pas nie-mededingende of onbillike aankopebestuur toe en 35% ken tenders aan staatsamptenare of familielede toe.

Dít blyk uit die OG se gekonsolideerde verslag oor die provinsies se ouditmenings vir die 2010-’11-boekjaar.

Luidens die verslag het provinsiale departemente in die boekjaar onreëlmatige uitgawes van R16,2 miljard aangegaan. Dié uitgawes was hoofsaaklik te wyte aan die oortreding van aankopebestuur-wetgewing. Onreëlmatige uitgawes van R11,7 miljard hou verband met aankopebestuur.

Die OG het voorts bevind 36% van departemente se kontrolebeheer is onvoldoende.

Terence Nombembe, die OG, het gewaarsku die regering sal baie meer moet doen om ’n regverdige, gelyke, deursigtige, mededingende en kostedoeltreffende aankopebestuur-kultuur te vestig.

Dit is volgens hom een van die vernaamste struikelblokke wat tussen departemente en skoon oudits staan.

Onreëlmatige besteding het luidens die verslag met 58% gestyg in vergelyking met die vorige jaar.

Daar was ook ’n styging in verkwiste uitgawes onder departemente en openbare entiteite – van R189 miljoen tot R850 miljoen.

In die Vrystaat het 42% van provinsiale departemente in die afgelope boekjaar tenders aan ander staatsamptenare of familielede toegeken – gevolg deur die Oos-Kaap en Limpopo (albei 28%), en KwaZulu-Natal (26%).

Die OG het bevind 88% van die aankopeprosesse in die Noord-Kaap was nie-mededingend of onbillik. Noordwes (78%) is tweede op die lys.

Nombembe het gesê die regering sal, in ’n poging om op ’n gereelde grondslag skoon oudits te behaal, administrateurs met toepaslike vaardighede as departementshoofde en finansiële hoofde moet aanstel.

’n Ander tekortkoming is ervare interne ouditeurs en ouditkomitees wat geloofwaardige inligting in heroënskou kan neem en dit objektief aan die leierskap kan rapporteer, lui die verslag.

Vakbonde het die verslag gister as ’n krisis en ’n skande bestempel. Die vakverbond Fedusa het gesê die regering pluk die vrugte van sy kaderontplooiingsbeleid.

“Kaderontplooiing, aanstellings op grond van affiliasie en grootskaalse nepotisme, pleks daarvan om op vaardighede en verdienste te fokus, het departemente en staatsentiteite in middelmatige instellings en politieke speelvelde omskep,” het Fedusa in ’n verklaring gesê.

Die vakbond Nehawu het gesê Suid-Afrikaners verdien beter en het nie meer geduld met die regering nie. 

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: nepotisme  |  wanbesteding  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.