Verslag: Regse groepe dreig met wraakgeweld
2011-04-02 09:28
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sê sekere regse groepe dreig om geweld teen Afrikaners met geweld te begroet.
“Die dreigemente word onderskeidelik teen die staat, ANC en swartmense in die algemeen gerig,” het navorsingsbestuurder Lucy Holborn Vrydag gesê.
Groepe wat dié dreigemente maak sluit in die Geloftevolk Republikeine onder leiding van eks-AWB leier André Visagie.
Hul dreigemente “blyk om wraakaanvalle deur wit Suid-Afrikaners op plaasaanvallers en soortgelyke oortreders te ondersteun.”
Daar is geen data beskikbaar om aan te dui hoe groot deel van die wit bevolking hierdie sentimente deel nie, het Holborn gesê, maar SAIRV voel “hierdie rassistiese sentimente verteenwoordig die siening van slegs ‘n klein randgroep.”
Indien dié soort uitlatings nie oor die politieke en sosiale spektrum heen veroordeel word nie, kan die persepsie egter begin bestaan dat hierdie soort sienings deur meer as net ‘n klein groep mense ondersteun word, het sy bygevoeg.
“Die risiko bestaan ook dat die openbare uitdrukking van hierdie sienings geweld kan aanspoor.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA