Verskeie Jhb-bakens bedreig

2010-07-31 08:07
Tweets Share Share line Print

Die mynhoop by die Top Star-inry in Johannesburg wat gerehabiliteer word.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Beeld

Johannesburg - Standard Bank se hoofgebou in die sakekern van Johannesburg kan weens suur mynwater, aardbewings en selfs sinkgatvorming gou begin kantel.

Die tonnels by Gold Reef City, ’n toerisme-attraksie, sal dalk ook binnekort gesluit moet word.

Prof. Terence McCarthy, geoloog en hoogleraar in die skool vir geowetenskappe aan die Universiteit van die Witwatersrand, het gesê die stygende watervlakke in die uitgemynde “hoof goudrif” bedreig die standvastigheid van geboue in die Johannesburgse sakekern.

Dis veral dié geboue wat geleë is in die omgewings van die M2-oos en -wes – veral dié met diep ondergrondse parkeerterreine. Die M2 is in die middel van die uitgemynde hoofgoudrif gebou.

Dr. Dave Ashby, hoofingenieur by Gold Reef City, het gister gesê hy is “baie bekommerd” oor die ekologiese ramp wat dié toerisme-attraksie en die Johannesburgse sakekern in die gesig staar.

“Die ondergrondse water is besig om teen ’n baie vinnige tempo te styg. Ek vermoed ons sal binnekort ’n deel van ons ondergrondse museum moet toemaak.”

McCarthy het gesê die ondergrondse watervlak is tans 530 m onder die grond se oppervlak en dit styg teen 18 m per maand. Dit beteken suur mynwater kan teen Oktober volgende jaar “oral” in die sentrale gebied van Johannesburg, dele van Roodepoort en veral in Boksburg begin uitborrel.

Dit kom nadat die oudste goudmyn in Suid-Afrika, East Rand Proprietory Mines (ERPM), verlede jaar Oktober sy deure gesluit en die ondergrondse pompe afgeskakel het. ERPM het die afgelope paar jaar daagliks 57 miljoen liter mynwater uitgepomp, gesuiwer en in die Kliprivier gestort.

Dit het ERPM sowat R2 miljoen per maand gekos om die water tot so diep as 3 000 m onder die grond uit te pomp.

McCarthy het gesê hy is baie bekommerd oor die invloed wat die stygende watervlak op die sentrale sakekern van Johannesburg gaan hê. “Ons het gesien hoe die suur mynwater aan die Wes-Rand (begin vanjaar) begin uitstroom het en ons gaan dit binnekort ook aan die Oos-Rand (by Grootvlei) sien.”

Volgens McCarthy was die hoofgoudmynrif net sowat 1 m breed, maar het die invloed van die uitgemynde gebied verreikende implikasies vir die voortbestaan van die sentrale sakekern.

“Daar sal nóú van regeringskant af ingegryp moet word.”

Mnr. Nigel Beck, omgewingsbestuurder van Standard Bank, het gesê hy sal die saak ondersoek.

- Ander geboue wat bedreig word, is dié in die omgewing van Standard Bank soos die Penmore Towers, asook dié in die omgewing van die Carlton Hotel. 

- Beeld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.