Versekeraars geskok oor minister se uitlatings
2011-12-30 23:00
Johannesburg – Motorversekeraars het woedend gereageer op die onlangse versoek deur die minister van vervoer, Sibusiso Ndebele, vir die opskorting of selfs kansellasie van rybewyse van bestuurders wat 'n verkeersoortreding begaan het.
Die uitvoerende hoof van die IntegriSure Groep, Arnold van der Linde, sê hy het begrip vir die minister se goeie bedoelings, maar so 'n drastiese stap sal 'n negatiewe invloed op hulle besigheid hê.
Van der Linde sê niemand word verseker tensy hy of sy 'n wettige of geldige rybewys het nie.
Die meeste polisse vereis 'n geldige rybewys en indien daardie rybewys deur regsoptrede verwyder word, sal jy nie gedek wees indien jy in 'n ongeluk betrokke is nie,
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA