Versaakte Richtersvelders is versukkeld

2010-09-19 09:48
Tweets Share Share line Print

Die Richtersveld-gemeenskap in die Noord-Kaap wat drie jaar gelede die grootste grondeis in Suid-Afrika se geskiedenis gewen het, is “besig om dood te bloei” weens beweerde wanbestuur.

Dié gemeenskap het tans ’n werkloosheidsyfer van sowat 70%. Daar is min of geen ontwikkeling en ekonomiese groei nie.

Jolande Pretorius van die Pan African Agricultural Business Development Institute, wat sowat 1 100 Richtersveld-gesinne verteenwoordig, sê sowat 2 784 gesinne van die dorpies Kuboes, Sanddrift, Lekkersing and Eksteenfontein moes by die grondeis baat vind.

Maar in 2007 het elk van dié gesinne R1 500 ontvang, maar nog niks meer nie. “Direkteure van gestigte maatskappye wat die verskillende gemeenskapsbates moet bestuur, het in net vergaderingstariewe heelwat meer as dít ontvang.”

Donderdag het die hooggeregshof in Kimberley uitspraak voorbehou in een van talle hofsake wat ontevrede lede van dié verdeelde gemeenskap die afgelope twee jaar teen die Richtersveld Communial Property Association (CPA) – die elfman-komitee wat die eisbates en belange namens die gemeenskap moet bestuur – ingedien het.

Pretorius sê die hof moet in dié aansoek bepaal of die Richtersveld Agricultural Holding Company (RAHCO), wat dié gemeenskap se landboubedrywighede bestuur, onder geregtelike bestuur geplaas moet word.

Die RAHCO kan na bewering nie verklaar wat van die sowat R21?miljoen geword het waarmee die gemeenskapsplase langs die Oranjerivier ontwikkel moes word nie.

Intussen het die CPA gister ná sy jaarvergadering ook ’n spesiale vergadering in Lekkersing gehou oor ’n mosie van wantroue wat ontevrede gemeenskapslede teen die CPA ingedien het. Die hooggeregshof het eergister ook ’n aansoek wat die CPA se jaarvergadering moes stuit, van die hand gewys.

Pretorius sê al die bates was funksioneel toe dit in 2007 oorgedra is. “Sake het egter so verswak” dat:
- die melkerye moes sluit omdat koeie verswak en gevrek het;
- volstruise weens honger gevrek het;
- die sitrusbome en lusernlande verdroog het;
- ’n eens gewilde vakansie-oord, Brandkaros, verwaarloos is;
- oesters in damme vrek;
- die nasionale park en Wêrelderfenisgebied erg oorbewei is;
- die ooreenkoms waarin die Richtersvelders ’n 49%-aandeel in die sukkelende staatsbeheerde diamantmaatskappy Alexkor sou kry, nooit in werking gestel is nie; en
- daar geen verklaring is vir wat geword het van R50 miljoen wat vir ontwikkeling bestem was nie.

Willem Diergaardt, voorsitter van die CPA, het dié bewerings ontken by monde van Martin Slabbert, ’n kommunikasiekonsultant van HWB Communication in Kaapstad wat ook die CPA se kommunikasie met die gemeenskap behartig.

“Die CPA-komitee het ’n ontwikkelingsplan vir die Richtersveld-distrik wat elk van hierdie probleme kan en sal oplos,” sê Diergaardt.

Dié plan van meer as 800 bladsye is opgestel deur die organisasie Development Works, wat glo baie ure in die Richtersveld-gemeenskap deurgebring het. Dit word eersdaags aan die gemeenskap voorgelê.

Diergaardt sê talle hofaansoeke deur ’n deel van die gemeenskap en “buitestanders” vertraag egter dié planne.

“Die Richtersveld is nie in ’n chaos gedompel nie. Ek dink dit sal meer akkuraat wees om te sê dat buitestanders met verskuilde bedoelings die gebied binnedring en gemeenskapslede teen mekaar opsteek. Hulle buit mense se goedgelowigheid uit.”

Hy sê ’n plaaslike koerant het vroeër berig hy het van die eisgeld gesteel, maar sy prokureurs sal stappe doen in verband met “hierdie lasterlike aantygings” wat gemaak word om hom te beswadder.

- Rapport

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.