Verpleër weer in hof oor verkragting
2013-02-08 08:20
Johannesburg – 'n Verpleër wat 'n sterwende, verlamde kankerpasiënt in die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein verkrag het, sal Vrydag in die hooggeregshof in dié stad verskyn.
Die 34-jarige Kodisang Moemba het onskuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting.
Adri Krieger, 'n kliniese patoloog, het Woensdag getuig dat die 50-jarige pasiënt sowat 'n jaar lank in die laer gedeelte van haar lyf verlam was toe die beweerde verkragting plaasgevind het.
Krieger het gesê die vrou se beserings was moeilik om te identifiseer en te beskryf. Sy het gesê hoewel sy nie positief kon vasstel of die beserings verband hou met die verkragting nie, kan sy nie die moontlikheid van verkragting uitsluit nie.
Die vrou het aan haar gesê hoewel sy geen gevoel in die laer gedeelte van haar liggaam het nie, het sy geweet wat die aand van die beweerde verkragting plaasgevind het.
Moema is in hegtenis geneem nadat die vrou, wat intussen gesterf het, beweer hy sy is in 'n saal in die hospitaal verkrag. Die vrou se man het aan die polisie gesê die aanval het op 15 Oktober plaasgevind.
Die vrou kon nie 'n verpleegster identifiseer wat haar na bewering tydens die voorval vasgehou het nie.
Moema is uit op borgtog.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA