Verpleër verkrag glo pasiënt
2011-09-14 17:58
Polokwane – Verpleër is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n verstandelik gestremde pasiënt verkrag het, het die polisie in Limpopo Woensdag gesê.
Die pasiënte het Dinsdag gesien hoe die verpleër die 26-jarige vrou by die Letaba-hospitaal verkrag, het lt.kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, gesê.
Die saak is by die hospitaal se bestuur en die polisie aangemeld.
Die 30-jarige man verskyn binnekort in die Ritavi-landdroshof.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA