Verpleegster van onwettige-kliniek op borgtog vry
2011-07-29 18:38
Johannesburg – ‘n Verpleegster wat na bewering
‘n onwettige kliniek in Koffiebaai in die Oos Kaap bedryf het, is op borgtog
vrygelaat.
Woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê die Mqanduli
Landroshof het die verpleegster borgtog van R5 000 toegestaan.
Haar saak is tot die 13de Augustus uitgestel.
Nombeko Shirly Horner-Taylor (59) is in
hegtenis geneem ná sy gevang is met “alles wat mens nodig het om ‘n hospitaal
mee te bedryf”.
Sy was in besit van staatsmedisyne,
suurstoftenks, stetoskope en ongebruikte drupsakkies.
Die verpleegsters het pasiënte by haar huis
teen ‘n fooi van R150 gekonsulteer.
Sy het ook soms pasiënte laat oornag indien sy
gevoel het hulle moet deur die nag dopgehou word.
Volgens Kupelo is dit die vierde verpleegster
wat die afgelope twee maande in die Oos Kaap in hegtenis geneem is vir die
bedryf van ‘n onwettige kliniek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA