Verpleegster gee ma verkeerde baba
2010-06-03 09:54
Johannesburg – Sonder om na die naam-bandjie te kyk, het ‘n ma wat verlede week geboorte geskenk het in die Park Lane hospitaal geweet die baba is nie haar eie nie, berig IOL.
Toe Thembekile Mthembu vir die verpleegster sê sy dink die vrou het ‘n fout begaan, het die verpleegster gevra hoe Mthembu weet dit is nie haar kind nie.
“Al die babas lyk mos dieselfde,” het die verpleegster gesê.
Mthembu het na die naam-etiket gekyk en bevestig dat die verpleegster ‘n fout begaan het.
Indien Mthembu MIV positief was, kon sy die virus aan die baba oorgedra het as sy geborsvoed het.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter