Vermoorde was in ’n loopraam

2010-11-24 09:48
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Sy is vir ’n ring, selfoon en horlosie vermoor.

Die skokkendste van die moord die naweek op Cornelia Kilian, 84, ’n inwoner van Huis Aristea in Durbanville, was dat sy terminaal siek was, skaars met ’n loopraam kon stap en weerloos was.

Só het ’n betroubare bron aan Die Burger gesê.

Die polisie is glo warm op die spoor van een of meer verdagtes wat by die moord betrokke was.

Kilian se twee dogters, Adri Fouche van Jeffreysbaai en Janett Kilian van Kraaifontein, het die moordtoneel Dinsdag saam met die polisie besoek om van haar besittings te identifiseer.

“My ma is vir haar trouring, selfoon en horlosie vermoor,” het Janett Kilian ná die tyd aan Die Burger gesê.

Die nadoodse ondersoek is gister afgehandel.

’n Verpleegster het Kilian se lyk Sondagmiddag gevind. Sy is Saterdag laas gesien. Kilian, wat alleen in ’n wooneenheid gewoon het, is verwurg.

Die Burger het betroubaar verneem dat die polisie moontlik na twee jeugdiges soek in verband met die moord en inbraak omdat die gaping in die diefwering waardeur die verdagtes toegang tot die huis sou kry baie klein is om by in te kom.

Sers. Bernice Laäs-Bezuidenhout, polisiewoordvoerder in Durbanville, kon dit nie bevestig nie.

“Dit is onbekend hoeveel pare vingerafdrukke in die huis gevind is. Dit kan dalk selfs aan Kilian self behoort.

“Geen verdere inligting oor die forensiese aspek van die ondersoek kan nou bekend gemaak word nie.”

Danie Fouche, Kilian se skoonseun, het gepraat oor die groot skok waarmee hulle die nuus ontvang het.

“Dit gaan onder die omstandighede goed met die familie. My vrou en skoonsuster is uiteraard baie ontsteld, maar ons hanteer dit,” het hy gesê.

Kilian se man, ook Danie, is in 1994 oorlede. Sy het sedert 1999 in die wooneenheid van die tehuis gewoon.

“Mense was baie erg oor haar. Sy’t ’n baie warm persoonlikheid gehad en was altyd op hoogte van wêreldsake. Sy’t veral ’n passie vir musiek gehad.”

Badisa, ’n barmhartigheidsdiens van die NG Kerk en Verenigde Gereformeerde Kerk, wat die tehuis bestuur, het ook sy teleurstelling en skok uitgespreek.

Ds. Averell Rust, uitvoerende hoof van Badisa, het in ’n verklaring gesê ’n spesiale komitee is tydens ’n vergadering op die been gebring om dringend aandag aan die sekerheidskwessies te gee.

“Ons vertrou dat die skuldige(s) sou gou as moontlik vasgetrek sal word,” het hy gesê.

  • Kilian word Donderdag om 11:00 uit die NG kerk Durbanville, waar sy ’n erelid van die kerkkoor was, begrawe.
  • Intussen het dit bekend geword dat ’n “goed beveiligde” tehuis vir bejaardes in Plattekloof die laaste tyd twee keer onder inbrekers deurgeloop het.

Verskerpte sekerheidsmaat­reëls word nou ondersoek by die Panorama Palms-aftreeoord. Verskeie inwoners het verliese gely toe inbrekers verlede week “vir die eerste keer” by die oord toegeslaan en besittings gebuit het.

Mnr. John Wilkinson, ’n woordvoerder van Panorama Palms, het gesê dit is die eerste keer in die aftreeoord se geskiedenis dat sulke voorvalle daar plaasvind. “Ons het reeds ’n bykomende wag aangestel.”


Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: misdaad  |  moorde  |  bejaardes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.