Vermoorde vrou met koord om nek gevind
2012-02-03 21:02
Bloemfontein – Die Vrystaatse polisie is op soek na die moordenaars van 'n Bloemfonteinse vrou.
Fikiswa Matoti, ‘n polisiewoordvoerder, sê die lyk van Ivy Seate (36) is Dinsdag met 'n elektriese koord om haar nek in haar huis in Mandela View, net buite Bloemfontein, gevind.
Matoti sê die vrou se broer, wat in Pretoria woon, het 'n oproep van 'n voertuig-opspoormaatskappy ontvang met inligting dat Seate se motor gekaap is, het OFM Vrydag berig.
Die broer het hul ouers gebel, wat in Botshabelo woon.
Toe hulle na hul dogter se huis gaan, is sy dood daar aangetref.
Verskeie items is ook uit haar huis gesteel.
Die polisie ondersoek die saak.
Volg Nuus24 op Twitter